Tuisblad Ons Storie Prestasies Veilings / Te Koop Foto's Kontak Ons
Geluksbron Angus
Geluksbron Red Angus Stud Geluksbron Red Angus Stud Geluksbron Red Angus Stud Geluksbron Red Angus Stud Geluksbron Red Angus Stud
 


Welkom by die Geluksbron Rooi Angus webblad!

Jan de Wet se ideaal om eendag sy eie vleisbeesboerdery te besit, kom alreeds 'n lang pad. Toe hy destyds (in 1971) nog staatsveearts op sy geboortedorp, Calvinia, was, het een van die veeinspekteurs terloops opgemerk dat ekstensiewe vleisbeesboerdery seker dié maklikste boerdery is. "Jy weet nie elke dag wat om met jou arbeiders te doen nie en gee dan maar die opdrag om draad te werk!" Die humoristiese inslag enersyds en die waarheid van dié opmerking andersyds, het bly steek.

Met staatsveeartswerk ten opsigte van dieregesondheid, laboratoriumwerk en later vleishigiëne word daar vir die staat en kliënte gewerk. So het die begeerte na 'n eie plaas waar hy homself kon uitleef 'n brandende behoefte geword. 'n Veearts is nie net lief vir diere nie - hy is in murg en been ook 'n boer.

Teen die einde van 1993 het 'n ideaal gerealiseer en is Geluksbron, 'n plaas met vaste rooigrasweiding en goeie water, 45 kilometer oos van Bloemfontein, aangekoop.

Kliek hier om verder te lees...



 

Inhoud:

Tuisblad

Ons Storie

Prestasies

Veilings / Te Koop

Foto's

Kontak Ons


Kontak Ons:

Dr. J.A.L. de Wet (Jan)

Tel: 051-4362117

Faks: 051-4446888

Sel: 084-5862117

E-pos: jaldewet@gmail.com